SARS-terugbetalings: Verwag om langer as 72 uur vir jou geld te wag

Deel hierdie storie / Share this story

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het gesê belastingbetalers sal dalk vanjaar langer moet wag voordat belastingterugbetalings in hul rekeninge gedeponeer word.

Die SAID het gesê hy is bewus daarvan dat sommige terugbetalings langer neem om betaal te word as die wagtydperk van 72 uur wat aanvanklik aan belastingbetalers gekommunikeer is.

Die Inkomstediens het nie veel van ‘n verduideliking vir die vertraging gegee nie. Die verwagte wag van drie dae kan egter eers volgende week opgelos word.

“Die SAID verwerk tans groot volumes terugbetalings en ons verwag om hierdie terugbetalings teen volgende week verwerk te hê,” het die SAID gesê.

Volgens die Inkomstediens sal ‘n verskuldigde terugbetaling aan jou outomaties volg sodra jou opgawe ingedien is – jy hoef nie daarvoor te vra nie.

“Dit neem ongeveer twee-en-sewentig (72) uur vanaf die datum waarop ons jou aanslag op eFiling of SARS MobiApp aan jou uitgereik het, maar in sommige gevalle ’n bietjie langer.”

Die Inkomstediens het gesê dit is belangrik om te verseker dat jou bankbesonderhede by hulle korrek is sodat die terugbetaling suksesvol betaal kan word.

Indien die SAID nie in besit van jou bankbesonderhede is nie, sal ‘n brief met verdere instruksies aan jou gestuur word.

Bronne: MSN, The South African, Economy24

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Kragonderbrekings sal tot in die naweek voortduur – Eskom