Krieket Suid-Afrika het vandag in ‘n verklaring bevestig hulle is bewus van die paaltjiewagter en kolwer, Quinton de Kock, se besluit om nie voor vandag se wedstryd teen Wes-Indië sy knie te buig nie
Die organisasie bevestig dat sy direksie besluit het dat alle Protea-spelers voor elke wedstryd by die Wêreldbeker-toernooi ‘n knie moet buig om te wys hulle is teen enige vorm van rassisme .
“Nadat alle relevante kwessies oorweeg is, insluitend die vryheid van keuse van spelers, het die direksie dit duidelik gemaak dat dit noodsaaklik is dat die span gesien moet word om standpunt in te neem teen rassisme, veral gegewe Suid-Afrika se geskiedenis,” lui die verklaring verder.
Quiton de Kock
“Die direksie se siening was dat hoewel diversiteit in baie fasette van die daaglikse lewe uitdrukking kan vind, dit nie van toepassing is wanneer dit kom by ‘n standpunt inneem teen rassisme nie.
“Die direksie sal op ‘n verdere verslag van die spanbestuur wag voordat hulle oor die volgende stappe teen De Kock besluit. Daar word van alle spelers verwag om hierdie opdrag te volg vir die oorblywende wedstryde van die Wêreldbeker.”
LEES OOK: Moti-broers: ‘Ons is hoopvol dat polisie saak sal oplos’
LEES OOK: Curro Heuwelkruin-leerders kniel en bid vir boeties se veiligheid
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



