Moti-broers: ‘Ons is hoopvol dat polisie saak sal oplos’

Deel hierdie storie / Share this story

POLOKWANE. – Bheke Cele, minister van polisie, het in ‘n aanlyn mediaverklaring gesê hy is hoopvol dat die polisie die saak, wat verband hou met die vier vermiste Moti-broers, sal oplos.

Cele sê verder daar is al vordering gemaak in die saak en die polisie volg elke leidraad op wat ontvang word. Tot op hede is daar geen nuwe inligting vanaf die polisie aan die media gegee nie.

“Hierdie is ‘n baie moeilike saak. Die departement van maatskaplike ontwikkeling en verskeie ander lede werk saam aan die saak. Baie tegnologiese hulpbronne is ook in plek gestel om die saak op te los.”

Die vier Moti-broers is sedert verlede Woensdag vermis nadat hulle die oggend voor skool glo uit hul motor ontvoer is.

Alhoewel verskeie fopnuusberigte op sosiale media versprei word, is dit steeds duidelik dat die broers nog nie gevind is nie en geen losprys is geëis nie.

LEES OOK: Curro Heuwelkruin-leerders kniel en bid vir boeties se veiligheid

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.