Curro Heuwelkruin-leerders kniel en bid vir boeties se veiligheid

Deel hierdie storie / Share this story

POLOKWANE. – Curro Heuwelkruin- private skool het vanoggend in ‘n inskrwying op hulle Facebook-blad gewys hoe hulle leerders op die rugbyveld kniel en vir die vier boeties, wat na bewering gisteroggend ontvoer is, se veiligheid bid.

Die vier boeties, almal leerlinge aan die laerskool, is gisteroggend glo deur ‘n groep van vier mans ontvoer wat hulle “gewelddadig” uit die voertuig wat hulle skool toe geneem het, gehaal het. Volgens die polisie is die vier kinders na bewering daarna in die verdagtes se Mercedes-Benz gedwing en is in die rigting van die R81-pad gery.

Nog geen addisionele inligting is deur die polisie verskaf nie.

Hier volg die inskrywing van Curro Heuwelkruin:

LEES OOK: Soektog na vier boeties brei uit na ander provinsies

LEES OOK: Vier boeties vanoggend op pad skool toe ‘ontvoer’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.