POLOKWANE. – Die soektog na die ontvoerde vier boeties, tussen ses en 15 jaar oud en leerlinge aan Curro Heuwelkruin- private skool, het intusssen na ander provinsies ook uitgebrei.
Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT gesê die 64-jarige bestuurder, wat die kinders vervoer, het die kinders na bewering in ‘n BMW by die Nirvana-woonbuurt gaan haal en op die R37-pad naby die N1-afdraai gery, toe hy skielik deur twee voertuie, ‘n wit Kia Sorento en ‘n swart Mercedes-Benz, geblokkeer is. Altesaam sewe insittendes, geklee in wit oorpakke, het uitgeklim en met aanvalsgewere op die BMW losgebrand.
Die verdagtes het toe die vier kinders “gewelddadig” uit die voertuig in hul Mercedes-Benz gedwing en daarna in die rigting van die R81-pad gery.
Die provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, lt.genl. Thembi Hadebe, het ‘n ondersoek op hoë vlak, wat ook die polisie se lugvleuel betrek, beveel. Enigiemand met inligting oor die voorval, moet dringend die ondersoekbeampte, kapt. Ntlane Rasedile, by 0825658566 of die misdaadstopnommer by 0860010111 skakel.
LEES OOK: Vier boeties vanoggend op pad skool toe ‘ontvoer’
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



