Ses tennisspelers van Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein is vir die Vrystaat-span gekies.
Die span sou verlede naweek by ’n interprovinsiale toernooi in Potchefstroom gaan speel het, maar die Vrystaat moes onttrek.
Elke ouderdomsgroep (o/13, o/15 en o/19) se span bestaan uit vier spanlede.
Van links is Mia Schimper, Donna le Roux, Nina Schimper (almal o/15), Cayline le Grange, Liné Greyling en Anzél van Zyl (almal o/19).
Die Schimpers se ouer broer, Jason, was vir die o.19-seunspan gekies en Cayline se jonger sussie, Cara, vir die o.13’s.



