POLOKWANE. – The Jamiatul Ulama South Africa (JUSA) doen ‘n beroep op staatsowerhede om die ondersoek van die ontvoering waarby die vier jong Moti-broers betrokke is, ‘n prioriteit te maak.
Die raad van Moslem-teoloë doen verder ‘n beroep op alle lede van die publiek, regoor die land, om voort te gaan om wetstoepassingsowerhede by te staan sodat die seuns gevind kan word en veilig met hul familie herenig kan word.
“Dit is ‘n lafhartige daad om die lewens van jong kinders in gevaar te stel deur so ‘n ontvoering. Dit is ‘n verskynsel wat ons die afgelope paar jaar in die land sien posvat. Ons prys individue en gemeenskappe wat solidariteit getoon het deur te hoop op die veilige terugkeer van die seuns. Asook hulle ondersteuning vir die Moslem-gemeenskap van Polokwane in die algemeen en die seuns se familie, in die besonder.”
“Ons gedagtes en gebede is vir die seuns, hul familie en vriende, terwyl ons ons ondersteuning vir die Moti-familie betoon, in hierdie tye wat gevul is met angs en onsekerheid.”
Auto Moti, ‘n motorhandelaar wat deur die kinders se pa besit word, het ook ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om te help soek na hulle kinders sodat hulle veilig terugbesorg kan word.
Inskrywing op Auto Moti se Facebook-blad oor die Moti-broers se verdwyning:
LEES OOK: Moti-broers: ‘Ons is hoopvol dat polisie saak sal oplos’
LEES OOK: Curro Heuwelkruin-leerders kniel en bid vir boeties se veiligheid
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



