AfriForum het gesê hulle gaan appelleer nadat die boer van Glencoe, Garth Simpson (68), gister in die landdroshof borgtog geweier is.
AfriForum het ook vroeër bekendgemaak dat hulle Simpson met regshulp gaan bystaan. Hulle het die strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis aangestel om die saak te ondersoek en aanbevelings aan AfriForum te maak.
AfriForum help boer
“Ons glo meneer Simpson het ’n sterk verweer, maar dit wil voorkom of hy reeds deur die publiek skuldig bevind is, daarom is dit kommerwekkend dat hy borgtog geweier is. Die feit dat opportunistiese politici reeds oproerigheid rondom die saak begin veroorsaak het, is ook uiters teleurstellend,” sê Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie,” lui die verklaring van AfriForum verder.
LEES OOK: 4-jarige Cleo Smith vermis na kampuitstappie
LEES OOK: Curro Heuwelkruin-leerders kniel en bid vir boeties se veiligheid
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



