PAS BEKEND: Boer Garth borgtog geweier, bly agter tralies

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Boer Garth Millen Simpson (68) is vandag borgtog in die Glencoe-landdroshof geweier en sal dus steeds in aanhouding bly.

Boer vandag borgtog geweier

Simpson is verlede maand in hegtenis geneem na ‘n skietvoorval op sy plaas die dood van Qiniso Dlamini (17) veroorsaak het. Hy word van moord asook die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie aangekla. 

Volgens Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, is die saak tot 26 November vir verdere ondersoek uitgestel.

LEES OOK: Boer Garth nóg ‘n week agter tralies na skietery op plaas

LEES OOK: Video waarin boer glo 17-jarige doodgeskiet, versprei soos veldbrand

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.