Vermeende onwettige myners vas oor vuurwapens en ammunisie

Deel hierdie storie / Share this story

NOORDWES. – Twee vermeende onwettige myners het Woensdag in die hof verskyn op aanklag van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Neo Chaketsa (33) en Malefane Manama (35) het Woensdag in die Orkney-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Die beskuldigdes is Dinsdag 19 Oktober in hegtenis geneem. Die verdagtes het glo ‘n vuurwapen, 20 rondtes ammunisie, twee pare gum boots en 21 kniebeskermers in hulle besit gehad.

Die polisie het op inligting reageer oor die twee gewapende myners by ‘n plaaslike kuierplek. Hulle is by die kuierplek voorgekeer en deursoek. Hulle is onmiddellik in hegtenis geneem.

Die verdagtes verskyn môre weer in die hof vir ‘n formele borgaansoek.