WES-KAAP. – Die polisie in Bellville is op soek na ‘n vermiste 13-jarige seun wat glo voor sy verdwyning met sy ma in ‘n argument betrokke was.
Volgens die polisie het Thulani Mpofu sy ma se huis in Vleistraat, Bellvile, verlaat na hy en sy ma vasgesit het.
Mpofu is slank gebou, het bruin oë en swart hare en het ‘n normale gewig. Hy het ‘n klein neus.
Hy het ‘n grys sweetpakbroek en ‘n grys hemp en donkerblou pantoffels aangehad toe hy weggeloop het.
As jy enigiets weet oor sy verdwyning, kontak sers. Reginald Wakefield by 073 511 5824 of kontak jou naaste polisiestasie.



