‘Ons gaan haar kry, ons moet haar kry,’ sê vermiste 4-jarige se ouers

Deel hierdie storie / Share this story

AUSTRALIË. – “Die hulp van die gemeenskap is wonderlik. Mense van letterlik oral help na haar soek. Ons gaan kry, ons moet haar kry.” Dit is die woorde van die 4-jarige Cleo Smith se ma na haar verdwyning.

Cleo het Saterdag om 01:00 tydens hulle kampuitstappie saam met haar gesin spoorloos verdwyn. Cleo se ma beskryf haar as ‘n pragtige en delikate kind.

“Sy het die grootste hart. Ons wil net ons klein dogtertjie terughê. Nie enige ma moet ooit deur só iets gaan nie.”

Die soektog na Cleo duur steeds voort. Die soektog het ook na ander dele van Australië versprei en die polisiebeamptes soek nie meer net in die kampterrein nie.

‘n Video waarin 4-jarige se ouers na haar verdwyning praat:

*Hierdie video op die Wes-Australiese polisie se Facebook-blad gedeel.

LEES OOK: 4-jarige Cleo Smith vermis na kampuitstappie

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.