Boogskiettoerusting vir Laerskool Du Toitspan

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – The National Archery in the Schools Program (NASP) het op 15 Oktober 2021 as borg boogskiettoerusting van R55 000 aan Laerskool Du Toitspan geskenk.

Die skenking is deur die vise-president van NASP, Frik Birkenstock, oorhandig en dus sal Du Toitspan nou die eerste skool in die Noord-Kaap wees wat deel is van the National Archery in Schools Program.

Benewens die toerusting wat geborg is, het Frik Birkenstock ook vier van DuToitspan se onderwysers opgelei as basiese boogskietinstrukteurs (BAI), wat hierdie onderwysers in staat sal stel om NASP aan leerlinge van graad 4 tot graad 12 aan te bied.,

Leerders sal nou aan NASP se kompetisies – plaaslik, distrik, provinsiaal, nasionaal sowel as internasionaal – kan deelneem. Die NASP World Invitation Championship word jaarliks in die VSA aangebied.

“Aangesien die behoefte aan sosiale ontwikkeling en opheffing van alle gemeenskappe in Suid-Afrika deur verantwoordelike burgers erken word, het NASP-SA ’n projek begin vir die opheffing van ons skoolgaande jeug. Dit is Suid-Afrika se prioriteit om op die jeug te fokus op die aanbied van kurrikulêre sowel as buitemuurse aktiwiteite deur massadeelname om misdaad te verminder en die sosiale vesel van ons gemeenskappe te versterk. NASP-SA is onder meer gestig om hierdie inisiatief ook te ondersteun,” sê Frik Birkenstock.

Jan Jansen van Rensburg, Lee-Ann Saal, Linay Saal, Adrian Louw, Johan van Zyl, André Esterhuizen, Jan Visagie, Leonie Visagie, Frik Birkenstock, Dawid Greef, Schalk van der Merwe en Allan Adams.

LEES OOK: Multi-dissiplinêre span bestry verwoestende brande in Noord-Kaap