Multi-dissiplinêre span bestry verwoestende brande in Noord-Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

’n Multi-dissiplinêre span wat bestaan ​​uit die SAPD, SAAF, die plaaslike rampbestuur-departement, Agri Noord-Kaap, die Boere-unie en verskeie ander agentskappe en burgerlike spanne het kragte saamgesnoer om die verwoestende brande te blus wat duisende hektaar grond, plase en strukture verwoes het, vee en diere doodgemaak het en beserings en saakbeskadiging aangerig het.

Die span is op 13 Oktober 2021 geaktiveer in ’n poging om die brande wat in verskillende gebiede rondom die groter Kimberley-gebied opgevlam het, te bestry.

 ’n Noodkommando-struktuur is onder bevel van kapt. John Seeley in werking gestel. Verskeie eksterne rolspelers het grondondersteuning verleen, benewens die lugondersteuning wat die SAAF-helikopters bied.

’n Lug-tot-grond steunoperasie waarby die SAAF Augusta A109-helikopter sowel as ’n SAAF Oryx-helikopter betrokke was, het lugondersteuning gebied.

Brande is op grondvlak geïdentifiseer deur middel van inligting deur ‘n “spotter” bekom, wat dan aan boere en die gemeenskap op die grond oorgedra word.

Gedurende die operasie wat op 21 Oktober 2021 geëindig het, is meer as 250 “Bambi-emmers” (ongeveer 500 000 liter water) op verskillende brande gegooi om die brande te blus.

’n Verkenningsvlug is op 21 Oktober 2021 onderneem om die skade en vernietiging wat plase, eiendom en vee in die geaffekteerde gebiede gely het, te evalueer en te monitor.

LEES OOK: Operation Vhuthu Hawe executed in Kimberley CBD