Jong Squid Game-kykers ‘toekomstige boelies’

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuwe reeks op Netflix, Squid Game, het almal aan die praat, maar daar word beweer dat ouers wat toelaat dat hulle kinders na die reeks kyk “toekomstige boelies grootmaak”.

Dr. Sandra Wheatley, ‘n sosiale sielkundige van Londen, het haar kommer teenoor verskeie oorsese media uitgespreek Sy sê dat die gewelddadige reeks jong kinders se sosiale en emosionele ontwikkeling kan belemmer en hulle aanmoedig om dié in nood te ignoreer of selfs om deel te neem wanneer geweld waargeneem word.

Daar word verder gesê kinders verstaan nie noodwendig die konteks van die reeks nie en neem dan boodskappe wat hulle ontvang verkeerdelik op. Skole het oral ouers gewaarsku om nie die reeks aan hulle kinders te wys nie, aangesien die reeks teenstrydig is met dit wat hulle in die skool leer. Kinders word geleer om mekaar te help, terwyl die reeks kinders aanmoedig om ander in hulp te ignoreer en geweld toe te pas.

Squid Game bestaan meestal uit algemene kinderspeletjies met ‘n twist. Die einde van elke speletjie loop uit op fisieke en emosionele geweld wat op die karakters toegepas word, wat ook dan tot die dood lei.

Lesers se opinie oor Squid Game

FiND iT het ook gevra hoeveel ouers laat hulle kinders die reeks kyk en meeste het gestem dat dit nie vir kinders bedoel is nie.

“Nee dankie, daar is genoeg geweld en haat in die wêreld. Ek het nie nodig om nog reekse te kyk wat dit wys nie.”

“Nie ek of my kinders sal dit ooit kyk nie. Absolute gemors.”

“Dis nou toevallig. Gister stuur my 9-jarige vir my ‘n stemboodskap. Sy het nou dit begin kyk en is super opgewonde. Ek gaan Google dit toe en sien dis nogal interessant en sal dit self wil kyk, maar ek het haar dadelik laat weet dis beslis nie vir kinders bedoel nie. Dit kon ek sien van net na die trailer kyk. DIs ‘n NEE vir my.”

LEES OOK: My kind het gif gedrink! Wat nou?

LEES OOK: Man hang vrou, laat lyk soos selfdood

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.