Baie ouers sal sê dat só iets nooit met hulle kinders sal gebeur nie. ‘n Ongeluk gebeur so vinnig en dis beter om voorbereid te wees. Dit gebeur soms dat kinders, sonder dat die ouers bewus is daarvan, gif drink, maar wat moet jy dan maak?
Eerstens is dit belangrik om tekens en simptome te kan identifiseer sodat jy kan weet of jou kind gif gedrink het. Tekens sluit in:
- Brandwonde of rooiheid rondom die mond.
- Leë of half leë bottels of houers wat daar naby lê.
- Stukkies van plante of bessies in die mond.
- Slaperigheid of bewusteloosheid.
Daarna is dit belangrik om te weet watter stappe jy moet volg. Onthou om kalm te bly in ‘n paniekerige situasie en probeer die volgende onthou:
- Probeer vasstel wat gedrink is, wanneer dit gedrink is en hoeveel.
- Bel vir mediese hulp.
- Verwyder enige sigbare voorwerpe uit die mond van die kind. Moenie probeer om die kind te laat braak nie. As hy iets korrosief ingesluk het (soos bleikmiddel), kan dit meer skade aan die slukderm veroorsaak.
- Hou die houer van die produk wat die kind ingesluk het by jou en vertel die paramedici of dokter presies wat die kind ingeneem het.
- Moenie vir die kind iets gee om te drink nie, dit kan die gif vinniger deur sy liggaam laat versprei.
Algemene gifstowwe wat ‘n gevaar inhou:
- Oond-, drein- en toiletskoonmaker.
- Verfverwyderaar
- Spiritus
- Bleikmiddel
- Anti-vriesmiddel
- Paraffien
- Rot- of insekgif
- Waspoeier en ontsmettingsmiddel
- Pille of medisyne
*Hierdie mediese raad is deur Netcare 911 voorsien.
LEES OOK: Vrou steek man se ‘skelmpie’ met eetlepel
LEES OOK: Man hang vrou, laat lyk soos selfdood
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



