NOORD-KAAP. – ‘n Vrou, Marope Lenah Molale (35), is 16 jaar gevangenisstraf opgelê vir die moord op haar kêrel nadat sy hom daarvan beskuldig het dat hy haar verneuk het.
“Tydens die hofverrigtinge het dit aan die lig gekom dat Marope op 20 Julie 2020 die vrou wat na bewering ‘n verhouding met haar kêrel gehad het, gekonfronteer het en haar met ‘n eetlepel in die oog gesteek het. Daarna het sy na haar kêrel se huis gegaan en hom gekonfronteer,” sê Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder.
Tydens die konfrontasie het Marope haar kêrel in die bors gesteek. Hy het aan beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar. Albei voorvalle het by Dipela op Windsorton gebeur.
Die Noord-Kaapse hooggeregshof het Marope skuldig bevind en haar 16 jaar gevangenisstraf opgelê. Die polisie in die Noord-Kaap verwelkom die vonnis en prys die ondersoekbeampte vir uitstekende ondersoekwerk.
LEES OOK: Man hang vrou, laat lyk soos selfdood
LEES OOK: Bejaarde verkrag glo tiener, belowe haar geld
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



