Man hang vrou, laat lyk soos selfdood

Deel hierdie storie / Share this story

POLOKWANE. – ‘n Man het tronkstraf ontvang nadat hy sy vrou vermoor het deur haar op te hang om dit soos selfdood te laat lyk.

Die Provinsiale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Limpopo, lt-.genl. Thembi Hadebe, het die tronkstraf wat deur die Limpopo-hooggeregshof in Polokwane opgelê is, verwelkom.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, volg die vonnisoplegging nadat Lesetja Mogau Chaba (39) skuldig bevind is aan die moord op sy vrou, Lerato Ntjana Chaba. Die hof het bevind dat die beskuldigde op 25 Januarie 2019 sy vrou vermoor het deur haar met ‘n tou in hul huis te hang, sodat dit soos selfdood lyk.

Die beskuldige het daarna na sy ouerhuis by Seleteng gaMphahlele gegaan.

Man hang vrou en laat lyk dit soos selfdood

“Terwyl hy by sy ouerhuis was, het hy sy bure gekontak en beweer dat hy probeer om sy vrou te kontak, maar haar nie in die hande kon kry nie.”

Sy buurman het vinnig gaan kyk en die vrou opgehang aan die dak gevind. Polisieondersoeke is begin en na deeglike ondersoekwerk deur speurder a.o. Nkhulu Makgoba is die man van die oorledene met die voorval verbind. Hy is vir moord in hegtenis geneem.

Lt.genl. Hadebe het die ondersoekbeampte lof toegeswaai. “Aangesien ons tans planne implementeer om die aantal gevalle van geslagsgeweld en -moord te bestry, sal hierdie vonnis ‘n duidelike boodskap stuur dat die polisie meer as vasbeslote is om sulke gevalle op te los en die skuldiges vas te trek.”

LEES OOK: Bejaarde verkrag glo tiener, belowe haar geld

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.