Bejaarde verkrag glo tiener, belowe haar geld

Deel hierdie storie / Share this story

POLOKWANE. – ‘n Bejaarde man (72) is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n 13-jarige tienermeisie in ‘n informele nedersetting aan die buitewyke van die Musina-dorp verkrag het.

“Die ma van die slagoffer het Donderdagmiddag 14 Oktober 2021 by die huis aangekom en die slagoffer huilend aangetref,” sê brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder.

Polisie se ondersoek duur voort na bejaarde glo meisie verkrag

Die verdagte, ook die slagoffer se buurman, het na bewering die tiener in sy huis verkrag en belowe om vir haar geld te gee.

Die saak is by die polisie aangemeld en die verdagte is opgespoor en in hegtenis geneem.

Die provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, lt.genl. Thembi Hadebe, het hierdie voorval veroordeel. Sy het ook die polisie geprys vir die vinnige reaksie in die arrestasie van die verdagte.

Die polisie se ondersoek duur voort.

LEES OOK: Motorfietsongeluk eis lewe van geliefde polisieman en ‘supercop’

LEES OOK: Dickason-vrou gaan onskuldig pleit na dood van drie sussies

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.