Motorfietsongeluk eis lewe van geliefde polisieman en ‘supercop’

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Medelye stroom in op sosiale media na ‘n motorfietsongeluk die lewe van die geliefde en bekende polisieman, a.o. Stoffel Holtzhausen (46), geëis het.

Presiese inligting oor die ongeluk wat Vrydagaand plaasgevind het, is nog nie bekendgemaak nie. Inskrywings op sosiale media en berigte dui daarop dat Holtzhausen na bewering op sy motorfiets gery het en vir iets in die pad uitgeswaai het.

Polisieman dood na motorfietsongeluk Vrydagaand

Mense beskryf hom as ‘n “supercop”, ‘n kosbare mens en iemand wat die gemeenskap soos goud opgepas het.

“Netcare 911 wil ons innige meegevoel stuur aan die familie, vriende en kollegas van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Stoffel Holtzhausen. Hy is Vrydagaand tragies in Pretoria-Noord oorlede.”

“Hartseer dag vir ons gemeenskap. Stoffel was ons beste polisieman. Hy het na elkeen in die noorde omgesien. Rus sag Stoffel en ons innige meegevoel,” lui een van die inskrywings op Facebook na die nuus van die ongeluk bekend geword het.

LEES OOK: Boer Garth nóg ‘n week agter traliena skietery op plaas

LEES OOK: Dickason-vrou gaan onskuldig pleit na dood van drie sussies

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.