Konstruksiewerker in PMB raakgery

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Konstruksiewerker is Saterdagoggend omstreeks 10:41 deur ‘n voertuig raakgery.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê die ongeluk het in ‘n straat in Camps Drift in Pietermaritzburg plaasgevind.

Paramedici het die toneel ondersoek en kon vasstel dat ‘n manlike konstruksiewerker ligte beserings opgedoen het.

Die beseerde is op die toneel behandel en na ‘n nabye hospitaal geneem nadat hy gestabiliseer is.