Omstreeks 22:54 Donderdagaand het Netcare 911 reageer op ‘n oproep oor ‘n botsing op die R515 in Rayton in Johannesburg.
Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, sê verslae dui daarop dat die bestuurder van ‘n SUV beheer verloor het oor die voertuig en in ‘n bos ingery het.
Paramedici het die bestuurder en een passasier in die voertuig aangetref. Beide het ligte beserings opgedoen.
Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle deur ‘n privaat ambulans na ‘n hospitaal geneem is.




