December 3, 2021

Charles Warren: Royal Engineer in the Age of Empire

Charles Warren Royal Engineer in the Age of Empire

Charles Warren Royal Engineer in the Age of Empire

Protea Boekhuis publiseer Charles Warren: Royal Engineer in the Age of Empire deur Kevin Shillington.

Dr. Kevin Shillington, ’n onafhanklike historikus en biograaf, herkonstrueer in vier en twintig diggeweefde hoofstukke die besonderse lewensverhaal van Charles Warren, ’n begaafde wiskundige met ’n wetenskaplike brein, ’n opmeter en kartograaf van formaat – ’n Royal Engineer ofte wel lid van die Victoriaanse Weermag se elite korps.

“Historians have tended to cast Warren either as the ‘Metropolitan Police Commissioner who failed to catch Jack the Ripper’ or ‘the General who lost the Battle of Spion Kop’ one of the greatest British military disasters of the Anglo-Boer War” (preface), maar Warren was ’n man van vele talente wat ’n baie interessante lewe gelei het. Die agterbladteks stel dit só: “The life of Royal Engineer Charles Warren is a compelling story full of action, conflict, triumph and disaster, with reputations gained and lost. Set against the background of an expanding British Empire, it is a tale of secrecy, Freemasonry and pioneering achaeology as the young Lt Warren made his name tunnelling under the Holy City of Jerusalem in search of the Temple of Solomon and Herod the Great. A man of high principle and dogged determination, Warren thrived on a challenge, searching for lost British spies in the desert of the Exodus or publicly calling out the rapacious colonialism of Cecil Rhodes. Later, in different circumstances, he ordered the arrest of Winston Churchill.” Hy is selfs drie keer tot ridder geslaan!

Ek het dit geniet om na die verskeie foto’s en kaarte te kyk wat in die biografie van 486 bladsye vervat is.Shillington het moeite gedoen om Warren se nageslag op te spoor en met hulle te gesels oor hulle grootjie. Hy het ook toegang gehad tot die biografie wat Warren se kleinseun veertien jaar ná sy oupa se dood geskryf het en waarin hy heelwat aangehaal het uit papiere en dokumente wat nie meer vandag bestaan nie. Warren, ’n ywerige leser en skrywer, het ook twee boeke oor sy werk in Jerusalem en Suid-Afrika geskryf en daarin het hy gereeld verwys na briewe en joernale wat hy ook gepen het. Die skrywer het voorts ook biblioteke en argiewe besoek en selfs na die plekke gereis waar Warren sy lang en aktiewe lewe gelei het. Dit was veral interessant om meer oor die gebeure te lees wat gelei het tot die Slag van Spioenkop.

Hierdie is ’n deeglik nagevorste biografie oor ’n merkwaardige man. Dit bied ’n leersame blik op die uitbreiding van die Britse ryk gedurende die tweede helfte van die 19de eeu. Die feit dat geskiedkundige gebeure in Suid-Afrika ’n groot deel uitmaak van die feitelike vertellinge is ’n heerlike bonus.

Skaf jou kopie van Charles Warren: Royal Engineer in the Age of Empire hier aan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *