R200 000 met Braaidag vir Brande ingesamel

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERERY. – Jy kan die trots en tevredenheid in Reggie Swanepoel se stem hoor wanneer hy vertel van die groot sukses wat Braaidag vir Brande Saterdag was. R200 000 is op dié dag ingesamel.

Swanepoel, die man agter die plan, sê hy het die dag en idee gehad nadat hy besef het hy alleen kan nie ‘n groot verskil maak om die talle boere wat skade gely het weens die brande te help nie. Dit is toe hy daaraan gedink het om die dag en fondsinsameling te reël.

 “Saterdag was ‘n sukses. Ek was verbaas oor al die plaaslike Kimberliete wat ons kom ondersteun het. So baie het na Diggies gekom om net bietjie saam te kuier en die vermaak te geniet.”

Volgens Swanepoel was daar tussen 460 en 500 mense by die braaidag. Die geld wat wat die dag ingesamel is, is ondermeer uit skenkings wat gemaak is, kos wat verkoop is en ingangsgelde by die hek.

“Die volle bedrag, R200 000, gaan nou in een rekening betaal word. Van daar sal die geld in verskillende brandfondse oorbetaal word. Daar is verskillende brandfondse van verskillende distrikte. Die rekenmeester wat in beheer is van die geld sal besluit hoeveel word aan watter fonds betaal.”

Video’s wat deur Swanepoel by Braaidag vir Brande geneem is:

LEES OOK: Vrou steek man se ‘skelmpie’ met eetlepel

LEES OOK: Man hang vrou, laat lyk soos selfdood

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.