KWAZULU -NATAL – Die streekhof in Pongola het ‘n 21-jarige, Xolani Mfanyana (21), tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis na hy ‘n agtjarige meisie verkrag het.
“Op 29 Junie 2020 om 13:00 het ‘n agtjarige meisie by haar maatjie se huis gekuier toe die oom van haar vriendin haar na ‘n ander kamer roep. Hy haar gevra om haar klere uit te trek en sy het geweier. Hy het haar oorval en verkrag,” sê kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder.
Agtjarige in kamer verkrag
Die man is uitgevang deur ‘n familielid wat daarna die ma van die slagoffer gaan inlig het.
‘n Saak van verkragting is by die Pongola-polisie geopen vir ondersoek. Die volgende dag het ‘n ondersoek daartoe gelei dat die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe die beskuldigde wat positief met die saak verbind is, in hegtenis geneem het.
Hy het tot sy vonnis talle kere in die hof verskyn.
LEES OOK: Geen leidrade na vrou spoorloos verdwyn tydens inkopies
LEES OOK: Man hang vrou, laat lyk soos selfdood
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



