RUSTENBURG. – Daar is steeds geen leidrade bekendgemaak nadat die rooikopvrou, Marie Catherine Elisabeth Stapelberg (69), laas op 9 Oktober 2021 spoorloos verdwyn het nie.
Volgens polisieverklarings het Stapelberg op die betrokke dag saam met ‘n vriendin inkopies by Lephalale-winkelsentrum gedoen.
Ondersoek duur voort na sy spoorloos verdwyn
“Volgens die vriendin van die vermiste vrou het hulle inkopies gedoen toe Stapelberg alleen na ‘n ander winkel gegaan het en nooit weer teruggekeer het na waar hulle hul voertuig geparkeer het nie. Die vriendin het haar in die winkelsentrum gesoek, maar nie gevind nie,” het a.o. Marobo Seabela, polisiewoordvoerder, gesê.
Enigiemand met inligting wat kan help om die vermiste persoon op te spoor, moet a.o. Nkoati by 068 569 4074 of die Crime Stop-nommer by 08600 10111 skakel.
LEES OOK: Vrou van Rustenburg al meer as twee weke vermis
LEES OOK: Man hang vrou, laat lyk soos selfdood
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



