KIMBERLEY. – Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) in Galeshewe benodig hulp met die opsporing van ‘n vermiste tienermeisie.
“Olorato Mokubung (14) is laas op 18 Oktober 2021 om 07:00 gesien toe sy haar huis in Promise Land, Kagisho, verlaat het om na Hoërskool Dr. EP Lekhela te gaan,” sê kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder.
Tienermeisie is in graad 8
Olerato is ‘n graad 8-leerder en het nie ‘n selfoon nie.
Die polisie versoek enigiemand met inligting, om a.o. Lesego Oliphant by 082 495 4605 of lt. Marli Strydom by 082 495 0618 te skakel.
Die ondersoek duur voort.
LEES OOK: Vrou steek man se ‘skelmpie’ met eetlepel
LEES OOK: Man hang vrou, laat lyk soos selfdood
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



