DURBAN. – Vanoggend om 10:30 is Netcare 911 ontbied na ‘n voorval in Glen Anil, waar ‘n werker deur die dak van ‘n gebou geval het.
Shaun Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê verslae dui daarop dat ‘n volwasse man wat besig was om ‘n pakhuisdak te herstel, deur die PVC-laag van die dak geval het.
Man dood wat van dak val
“Die man het ongeveer vyftien meter geval en op ‘n betonvloer beland.”
Hy is deur ‘n gevorderde lewensondersteunende paramedikus ondersoek, maar het geen tekens van lewe getoon nie. Hy is op die toneel dood verklaar.
LEES OOK: Vrou van Rustenburg al meer as twee weke vermis
LEES OOK: Man hang vrou, laat lyk soos selfdood
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



