Vakante Pos : Gekwalifiseerde Werktuigkundige

Deel hierdie storie / Share this story

DOUGLAS. – Vakante pos vir ‘n gekwalifiseerde werktuigkundige by Rovic in Douglas, Noord-Kaap.

Vereistes:

  • Gekwalifiseerd met ten minste vyf jaar ondervinding in landbou masjinerie.
  • Case Trekker en Stroper kennis, asook kennis van Rovic Leers produkreeks sal in u guns tel.
  • Rekenaarvaardigheid sal u aansoek versterk.
  • Kandidaat moet bereid wees om in Douglas, Noord-Kaap gevestig te wees.
  • ‘n Positiewe uitkyk op die lewe hê en sonder toesig kan werk.

Rovic Noord-Kaap is ‘n filiaal van die Rovic Agri groep en bied die volgende voordele aan die suksesvolle kandidaat.

  • Kompeterende vaste pakket en bonus
  • Pensionfonds

Indien u aan die vereistes voldoen, stuur asb u CV vir aandag Hannelie Strydom by [email protected] of vir enige navrae kontak Hannelie Strydom by 053 841 0070.