MPUMALANGA. – Sewe volwasse mans tussen die ouderdom van 25 en 35 jaar is Sondag in die vroeë oggend-ure in ‘n botsing tussen ‘n minibustaxi en ‘n vragmotor op die R545 tussen Bethal en Kriel dood.
Sewe mans in minibustaxi dood
ER24 berig hulle paramedici het om 02:58 op die toneel aangekom en ‘n vragmotor en ‘n taxi langs die pad aangetref. Vyf oorledenes was aanvanklik in die wrak van die taxi vasgekeer.
Nadat die brandweer met die proses begin het om die vasgekeerdes uit die wrak te verwyder, is nog twee liggame gevind. Nie een van die passasiers wat gevind is, het tekens van lewe getoon nie. Hulle is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die vragmotor was ongedeerd.
LEES OOK: Boer Garth nóg ‘n week agter tralies na skietery op plaas
LEES OOK: Dickason-vrou gaan onskuldig pleit na dood van drie sussies
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



