Jou vel en die bloedige son dié somer

Deel hierdie storie / Share this story

As jy vir enige bejaarde vrou vra vir raad oor jou gesig, sal sy sê om jou vel soveel as moontlik teen die son te beskerm. Die son, jou rekenaar, jou selfoon en besoedeling is alles faktore wat jou vel kan benadeel.

Om ouer te raak, is een van die dinge in die lewe wat niemand kan vryspring nie. Wat jy wel kan doen, is om jou vel te versorg en te beskerm. Baie mense geniet dit om vir lang periodes in die son te lê. Sommige sal self olies aansmeer wat hulle vinniger laat bruin word.

Wat ons moet besef, is dat die son nie altyd goed vir ons is nie. Pigmentasie vorm op die vel as gevolg van te veel blootstelling aan die son. Dit is bruin vlekke op die vel, meestal in die gesig.

Velkanker is ‘n ernstiger gevolg van te veel blootstelling aan die son, veral op tye wanneer die son op sy felste is. Vermy dus die son tussen 10:00 en 16:00. Smeer altyd ‘n sonskerm aan, veral aan jou gesig. Al beplan jy nie noodwendig om buite in die son te wees nie, is ‘n sonskerm steeds noodsaaklik.

LEES OOK: Boer Garth nóg ‘n week agter traliena skietery op plaas

LEES OOK: Dickason-vrou gaan onskuldig pleit na dood van drie sussies

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.