December 3, 2021

Twee paramedici hou kop toe groot klip ambulansruit breek

Personeel is opgelei in mediese noodhulp in gevaarlike omgewings (EMSHE), om die deurlopende veiligheid van die personeel en pasiënte te verseker.

Twee paramedici hou kop toe groot klip ambulansruit breek

Twee paramedici hou kop toe groot klip ambulansruit breek Foto: ER24

GAUTENG. – Gisteroggend het twee ER24-paramedici en ‘n pasiënt ‘n noue ontkoming gegad toe ‘n groot klip deur die venster van hul ambulans gegooi is terwyl hulle op die N14 in Krugersdorp gery het.

‘n Verklaring van ER24 lui dat Quinton en Zelda besig was om ‘n pasiënt wat vroeër in ‘n ongeluk betrokke was na ‘n nabygeleë hospitaal te vervoer. Quinton het die ambulans bestuur toe hy ‘n harde slag van agter gehoor het.

“Die spanne het daarin geslaag om ‘n veilige plek te vind om te stop en die situasie te evalueer. Gelukkig het die medici geen beserings opgedoen nie.”

Paramedici ontvang opleiding oor veiligheid

‘n Tweede ER24-ambulans is na die toneel ontbied om die pasiënt na ‘n nabygeleë hospitaal te vervoer. Medici het die groot klip in die linkerbaan op die toneel van die misdaad gevind. Die verklaring lui verder ‘n getuie op die toneel het gesê dat twee jong mans na bewering die groot klip na die ambulans gegooi het.

Plaaslike owerhede was op die toneel om verder ondersoek in te stel. ER24 het veiligheidsmaatreëls getref, soos smash and grab vensters. Asook is die personeel opgelei in mediese noodhulp in gevaarlike omgewings (EMSHE), om die deurlopende veiligheid van die personeel en pasiënte te verseker.

“ER24 veroordeel alle aanvalle op nooddienswerkers en vra die gemeenskap om voorvalle soos hierdie te bespreek.”

LEES OOK: Boer Garth nóg ‘n week agter traliena skietery op plaas

LEES OOK: Dickason-vrou gaan onskuldig pleit na dood van drie sussies

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *