Man vas oor meer as ‘n kwartmiljoen se dagga

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Kimberley het onlangs opgevolg oor ‘n man wat vermoedelik met dagga handel dryf.

Vrydagoggend om ongeveer 08:00 het die polisie op ‘n informele woning in Nkandla Shanties toegeslaan en 15 sakke dagga gekonfiskeer.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die dagga weeg 61 kg en het ‘n straatwaarde van ongeveer R310 000.

“Die verdagte (37) is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn.”

Die ondersoek duur voort.