October 18, 2021

Vermeende kaper dood na hy ‘gesteelde’ bakkie rol

‘n Skietery het na bewering tussen die verdagtes en die veiligheidsmagte ontstaan ​​waartydens een verdagte geskiet is en beserings aan die onderlyf opgedoen het.

Vermeende kaper dood na hy ‘gesteelde’ bakkie rol

Vermeende kaper dood na hy ‘gesteelde’ bakkie rol Foto: SAPS

NELSPRUIT. – Die samewerkingspoging tussen die personeel van Tracker Connect, Blue Hawk Tactical sowel as lede van die polisie van Delmas en Middelburg Highway Patrol het daartoe gelei dat vermeende kapers agtervolg en vasgetrek is.

Volgens kol. Donald Mdhluli, polsiewoordvoerder, was die veiligheidsmagte aan diens toe lede van die Tracker Connect twee verdagte voertuie, ‘n wit Toyota-dubbelkajuitbakkie en ‘n wit BMW-sedan opmerk wat na bewering teen ‘n hoë spoed op die N12-pad ry. Lede van die polisie is ontbied en ‘n jaagtog het gevolg.

Die Toyota-bakkie met ‘n verdagte, 27 jaar oud, het na bewering ‘n afdraai op die R42 in die rigting van Delmas geneem en daar word berig die voertuig het beheer verloor en omgeslaan. Die bestuurder is tydens die ongeluk dood. ‘n Pistool is glo op die toneel gevind.

Vermeende kaper dood na bakkie rol

Intussen word gesê daar was twee verdagtes in die BMW wat steeds op die N12 was. ‘n Skietery het na bewering tussen die verdagtes en die veiligheidsmagte ontstaan ​​waartydens een verdagte geskiet is en beserings aan die onderlyf opgedoen het.

Dié twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle gedwing is om te stop. ‘n Saak is geopen en na verdere ondersoek is die slagoffer wat na bewering die eienaar van die wit bakkie is ongedeerd in die BMW gevind.

Die gewonde verdagte is onder polisiebewaking na ‘n hospitaal geneem. Die twee verdagtes, onderskeidelik 29 en 34 jaar oud, sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

LEES OOK: Hond met die groot bruin onseker oë 15 km buite Kimberley

LEES OOK: 1 November nou amptelik ‘n vakansiedag

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *