October 18, 2021

Bloemfontein Online Co. – 14 Oktober 2021

Bloemfontein Online Co. - 14 Oktober 2021

Bloemfontein Online Co. - 14 Oktober 2021

Die nuutste uitgawe van Bloemfontein Online Co., jou Bloemfontein-koerant, is nou beskikbaar!

Ons gesels die week met sr. Cathryn van Zuydam oor haar pad as gesondheidswerker tydens die Covid-19-pandemie, ons gesels met Madelaine Christou wat 33 kg verloor het, Marlene Schoeman deel ‘n heerlike fudgeresep en lesers deel ‘n paar foto’s.

Geniet die uitgawe van jou Bloemfontein-gemeenskapkoerant!

Klik hier om jou kopie gratis af te laai of lees sommer hier aanlyn.

Klik hier om na die vorige uitgawe te kyk.

Redakteursbrief – Bloemfontein Online Co.

Met die land wat na vlak een van inperking geskuif het en die lewe soos ons dit voorheen geken het, wat nou weer vir ons wink, is daar sommige van ons wat nie kan wag vir dinge om terug te keer na soos dit eens was nie.

Daar is egter steeds mediese personeel en gesondheidswerkers wat elke dag, ongeag van die vlak van inperking waarop ons is, die pandemie en sy nagevolge in die gesig moet staar.

Verpleegsters soos Cathryn van Zuydam, met wie ons in dié week se uitgawe gesels, is een van die gesondheidswerkers wat deur al die Covid-19-golwe nog sterk bly staan en ter wille van pasiënte en hulle families positief moet bly.

Hierdie gesondheidswerkers gaan deur baie meer as wat ons dink. Wanneer ons huis toe gaan en van die virus vergeet na ons in die hospitaal was, bly hulle agter en help die volgende pasiënt om teen die virus te stry.

As jy vandag ‘n dokter of ‘n suster sien, of van iemand weet wat in die laaste twee jaar nog nie werklik tyd gehad het om te rus nie en een van ons land se voorsteliniestryders is, wees dankbaar vir dit wat hy/sy vir jou doen en toon jou dankbaarheid op ‘n tasbare manier. Hierdie mense verdien soveel meer erkenning as wat hulle gewoonlik kry.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *