October 18, 2021

1 November nou amptelik ‘n vakansiedag

Die president doen verder ‘n beroep op werkgewers om voorsiening te maak dat werknemers hul grondwetlike stemreg op 1 November kan uitoefen.

1 November nou amptelik ‘n vakansiedag

1 November nou amptelik ‘n vakansiedag Foto: The Guardian Nigeria

SUID-AFRIKA. – President Cyril Ramaphosa het ingevolge artikel 2A van die Wet op Vakansiedae van 1994 Maandag 1 November 2021 as ‘n openbare vakansiedag vir die hele land verklaar.

Hierie dag is die datum vir die plaaslike regerings-verkiesings.

Die president doen ‘n beroep op alle geregistreerde kiesers om van die openbare vakansiedag gebruik te maak om hul demokratiese reg en burgerlike plig uit te oefen deur aan hierdie verkiesing deel te neem. Die geleentheid stel burgers in staat stel om nuwe leierskap te kies en dienslewering te bevorder waar hulle woon.

Die verklaring wat deur die presidensie uitgereik is, sê kiesers word daaraan herinner dat hulle slegs hul stemme sal kan lewer by die stemlokale in wyke waar hulle geregistreer is.

Covid-19-maatreëls moet ook streng toegepas word op dié dag.

Die president doen verder ‘n beroep op werkgewers om voorsiening te maak dat werknemers hul grondwetlike stemreg op 1 November kan uitoefen.

LEES OOK: Man vermoor sy meisie, bind haar vas en begrawe haar onder sy bed

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *