October 18, 2021

Man van Delportshoop rand glo meisie tot die dood aan

Die aangeklaagde het besluit om sy borgtogaansoek te laat vaar.

Man van Delportshoop rand glo meisie tot die dood aan

Man van Delportshoop rand glo meisie tot die dood aan Foto: SABC News

NOORD-KAAP. – ‘n Man (34), Boikanyo Modisane van Delportshoop, wat teregstaan op talle aanklagte, waaronder moord, het gister kortliks in die landdroshof op Barkly-Wes verskyn.

“Die verdagte word daarvan beskuldig dat hy sy voormalige meisie, Vannessa Lerato Matebus (23), vermoor het. Daar word beweer dat hy op die dag van die voorval by Matebus se huis ingebreek het, haar aangeval en aangerand het totdat sy gesterf het,” sê Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag.

Man van Delportshoop verskyn dan weer

Na ’n ondersoek is die beskuldigde in hegtenis geneem en van die moord op Matebus aangekla. Modisane het besluit om sy borgtogaansoek te laat vaar.

Die saak is uitgestel tot 10 November 2021. Die beskuldigde sal in aanhouding tot sy volgende hofverskyning bly. Die ondersoeke duur voort.

LEES OOK: Mattanu-wildreservaat vra gebede terwyl brande veld verwoes

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *