October 18, 2021

Mattanu-wildreservaat vra gebede terwyl brande veld verwoes

Mattanu-wildreservaat vra gebede terwyl brande velde verwoes

Mattanu-wildreservaat vra gebede terwyl brande velde verwoes

NOORD-KAAP. – Mattanu-wildreservaat vra tans gebede en hulp van mense met ‘n brand wat twee dae gelede by buurplase van dié reservaat uitgebreek het. Die brand is besig om alles rondom en by die reservaat te vernietig.

Daleen Kriek vertel die wind het intussen gedraai, wat veroorsaak het dat die brand oorgespring het na hulle wildreservaat. Kriek sê hulle kon nog nie bepaal of geboue skade opgedoen het nie.

“Ek is nie tans self by die brand nie, maar die rook is vreeslik. Mens kan niks sien nie. Dit lyk nie asof geboue skade opgedoen het nie, maar die velde by ons is heeltemal vernietig.”

Voorbrande is gemaak, maar die vuur het aanhoudend oor die voorbrande gespring, want die wind was stormsterkte. ‘n Groot area is heeltemal gebrand en daar is geen weiding oor nie.

“Reg rondom ons ly mense aan die skade wat deur die brand veroorsaak word.”

LEES OOK: Skietery vanoggend by Centurion-inkopiesentrum

LEES OOK: Vier jongmense sterf in ongeluk net na middernag

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *