GAUTENG. – Netcare 911 het om 11:06 vanoggend op ‘n skietery by die Centurion-inkopiesentrum in Centurion, Pretoria, gereageer.
Shaun Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê verslae dui daarop dat ‘n 55-jarige man, vermoedelik die eienaar van ‘n juwelierswinkel, in ‘n rooftog geskiet is.
Een dood na skietery by Centurion-inkopiesentrum
“Toe die paramedici op die toneel kom, het hulle gevind dat die man ‘n skietwond in sy buik het en het geen tekens van lewe getoon nie.”
Gevorderde lewensondersteunende resussitasie is deur Netcare 911 en Emer-G-Med se paramedici toegepas.
Ondanks die pogings deur alle betrokkenes, is die man op die toneel dood verklaar.
LEES OOK: Sprankelende juffrou onder vier jong mense wat in ongeluk sterf
LEES OOK: Vier jongmense sterf in ongeluk net na middernag
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



