October 18, 2021

Naakte liggaam van vrou (24) in veld gevind

‘n Nadoodse ondersoek is uitgevoer wat onthul het dat die vrou na bewering verkrag en vermoor is.

Naakte liggaam van vrou (24) in veld gevind

Naakte liggaam van vrou (24) in veld gevind

VRYSTAAT. – Die 35-jarige, Tlhoriso Godfrey Mofokeng, het die week vlugtig in die landdroshof op Bethlehem op aanklagte van moord, verkragting en regsverydeling verskyn. Dit volg na die naakte liggaam van ’n 24-jarige vrou van Matwabeng naby Senekal by die Liebenbergsvlei-rivier buite Bethlehem gevind is.

Die saak is uitgestel tot 20 Oktober 2021 vir ‘n formele borgtogaansoek terwyl Mofokeng in aanhouding bly.

“Die verdagte is op 7 Oktober 2021 in Bohlokong naby Bethlehem deur die Bethlehem-polisie in hegtenis geneem nadat ‘n ondersoek gedoen is wat gelei het tot die inhegtenisneming,” sê brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder.

Gemeenskaplid vind naakte liggaam in veld

Die 24-jarige vrou van Matwabeng naby Senekal is laas op 22 September 2021 deur familie gesien toe sy die huis op pad na Bethlehem verlaat het. Volgens familie is sy talle kere gebel, maar hulle kon haar nie in die hande kry nie.

Volgens Makhele word daar verder beweer dat ‘n gemeenskapslid op 26 September 2021 omstreeks 06:30 by ‘n oop veld verbygegaan het toe hy die ligaam van ‘n naakte vrou wat op haar rug lê, gesien het. Langs die liggaam het daar klere gelê. ‘n Man se lyfband sonder gespe was glo onder die liggaam van die oorledene gevind.

Die liggaam het ‘n oop wond aan die linkerkant van die kop gehad. Haar gesig was geswel en die liggaam het al begin ontbind.

‘n Nadoodse ondersoek is uitgevoer wat onthul het dat die vrou na bewering verkrag en vermoor is. Die saak word steeds ondersoek.

LEES OOK: Hond met die groot bruin onseker oë 15 km buite Kimberley

LEES OOK: 1 November nou amptelik ‘n vakansiedag

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *