October 18, 2021

National Economic Fighters sê hulle gaan veg vir verandering

Hy het aan die sowat 500 mense by die loodsing gesê dat hulle die wette gaan verander sodat behoorlike werkskepping, veral vir die jeug, kan plaasvind. Ook gaan hulle korrupsie met mag uitroei.

National Economic Fighters sê hulle gaan veg vir verandering

National Economic Fighters sê hulle gaan veg vir verandering

Die NEF het onlangs hulle manifes bekendgestel en verandering belowe.

Die historiese geleentheid het die afgelope naweek op Hondeklipbaai langs die Namakwalandse weskus gebeur. Hier het die nuwe party, die National Economic Fighters (NEF), gestig deur Dawid Markus, hul manifes uitgestippel.

Markus, die president, het gesê hulle is ‘n party vir die armes. Hy het verder vertel dat hulle Namakwalnd wil terugvat uit die onbevoegde hande van die ANC. En dat inwoners moet vergeet van die blinde lojaliteit teenoor die ANC-regering. Hy het gesê:

“Die ANC-leiers is soos dooie kole wat net sit en geld wil ontvang. Verder is hulle werkskeppingsprojekte soos ‘n ‘rocking chair’.Daar is beweging, maar jy kom nêrens daarmee nie.”

Hy het aan die sowat 500 mense by die loodsing gesê dat hulle die wette gaan verander sodat behoorlike werkskepping, veral vir die jeug, kan plaasvind. Ook gaan hulle korrupsie met mag uitroei.

Volgens hul sekretaris-generaal, Andrew Crew, gaan die NEF (ook genoem die Diggers-party), Namakwaland terugneem uit die hande van die staat. Ook gaan hulle die waardigheid van die mense teruggee.

“Ons is nie meer dom nie en sal die wette so verander dat dit armmens-vriendelik kan wees.”

Joseph Cloete van Komaggas is een van die wykskandidate. Volgens hom belowe hulle nie verandering nie, hulle bring dit eerder.

Nog n raadslid, Rudy Joseph, het luidkeels vertel dat wette wat die inheemse mense raak, reeds in 2007 deur Thabo Mkeki onderteken was. Dit is egter nou nog nie geïmplementeer nie. Hy het gesê:

“Ons was vir 27 jaar vernalaat deur die regering. Die NEF sal egter nou sorg dat julle grond- en minerale kwessies  aandag kry en hanteer word.”

Markus, ‘n parapleeg, het die party ‘n paar maande gelede gestig. Hulle gaan voorlopig slegs in vier van die ses gebiede binne die Namakwa-distrik aan die verkiesing op 1 November deelneem. Dit sluit die Kamiesberg-, Nama Khoi-, Richtersveld en KhaiMa-munisipaliteite in.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *