MPUMALANGA. – Die landdroshof op Nelspruit het die borgtogverhoor van die LUR vir landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake in Mpumalanga, Mandla Msibi, tot vandag uitgestel.
“Mandla Msibi en sy twee medebeskuldigdes, Anele Sonke Mnisi (26) en Njabulo Mkhonto (28), staan tereg op twee aanklagte van moord en een van poging tot moord. Dit is in verband met die voorval waar twee slagoffers, Dingaan Ngwenya en Sindela Lubisi, op 22 Augustus 2021 in Nelspruit Cayotes Shisanyama doodgeskiet is en ‘n derde gewond is,” sê Monica Nyuswa, woordvoerder, van die nadionale vervolgingsgesag.
LUR van Mpumalanga verskyn vandag
Die trio se verskyning bring die totale aantal beskuldigdes in die saak op vyf te staan. Charlie Ngwenya (35) en Tsepo Matsane (30), wat reeds in hegtenis geneem is, het in September in die hof verskyn en borgtog van R20 000 is op streng voorwaardes toegestaan.
Die saak word vandag afgehandel vir verdere ‘n verhoor in die landdroshof in Nelspruit.
LEES OOK: Hond met die groot bruin onseker oë 15 km buite Kimberley
LEES OOK: 1 November nou amptelik ‘n vakansiedag
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



