October 18, 2021

11 gesoekte verdagtes vanoggend vroeg in Roodepan vas

11 gesoekte verdagtes vanoggend vroeg in Roodepan vas

11 gesoekte verdagtes vanoggend vroeg in Roodepan vas Foto: Burnaby Now

KIMBERLEY. – 11 verdagtes wat gesoek word in verband met aanklagte wat wissel van poging tot moord, roof, aanranding, gesinsgeweld, huisbraak en diefstal is vanoggend in die vroeë oggend-ure met ‘n lasbrief vir inhegtenisname in Roodepan aangekeer.

Vanoggend om 04:00 het polisielede op niksvermoedende gesoekte verdagtes se huise in Roodepan en omliggende gebiede toegeslaan.

“Die verdagtes, nege mans en twee vrouens tussen die ouderdom van 22 en 36 jaar, moet binnekort in die hof verskyn,” sê Sergio Kock, polisiewoordvoerder.

Die waarnemende stasiebevelvoerder van Roodepan-polisie, lt.kol. Pieter Jansen, het die Roodepan-takbevelvoerder, lt. Christopher Mashodi en die Roodepan-speurdereenheid geloof vir hul toewyding om te verseker dat oortreders aangekeer word.

LEES OOK: Hond met die groot bruin onseker oë 15 km buite Kimberley

LEES OOK: 1 November nou amptelik ‘n vakansiedag

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *