October 18, 2021

Man ernstig beseer na hy 25 m van krans afval

Man ersntig beseer na hy 25 m van krans afval

Man ersntig beseer na hy 25 m van krans afval Foto: Shutterstock

WES-KAAP. – ‘n Man, vermoedelik in sy veertigs, is gisteraand ernstig beseer nadat hy ongeveer 25 meter van ‘n krans by Victoriaweg in Llandudno geval het.

Man lê op rotse na hy van krans val

ER24, die brandweer, Metro Rescue en ander dienste het op die toneel opgedaag en gevind dat ‘n man ‘n ent van ‘n krans op die rotse lê. Paramedici het hulle na die man gehaas en hom dadelik ondersoek. Daar is gevind dat hy talle beserings opgedoen het en in ‘n kritieke toestand was.

Die man is behandel en van gevorderde lewensondersteunende ingrypings voorsien voordat hy na die Groote Schuur-hospitaal vir dringende behandeling geneem is. Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

LEES OOK: Hond met die groot bruin onseker oë 15 km buite Kimberley

LEES OOK: 1 November nou amptelik ‘n vakansiedag

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *