VRYSTAAT. – Die span van die Valke saam met Crime Intelligence (CI) en Tactical Response Team (TRT) het gisteraand twee verdagtes van 31 en 53 jaar in hegtenis geneem ná ‘n transitorooftog by ‘n winkelsentrum op Heidedal op Maandag 11 Oktober 2021.
“Dit volg nadat veiligheidsbeamptes van Fidelity Cash Solutions deur drie verdagtes voorgekeer is terwyl hulle kontant by ‘n supermark versamel het. Een van die veiligheidsbeamptes is na bewering deur ‘n verdagte met ‘n onbekende voorwerp op die kop geslaan.”
Twee verskyn binnekort na transitorooftog by winkelsentrum
Die verdagtes het daarna glo die sak met ‘n onbekende bedrag geld, insluitend die vuurwapens van beide veiligheidsbeamptes, gegryp en met ‘n sedanmotor van die toneel gevlug.
‘n Ondersoek, wat uitgeloop het op die inhegtenisneming van die verdagtes, is deur die polisie uitgevoer. Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
LEES OOK: Hond met die groot bruin onseker oë 15 km buite Kimberley
LEES OOK: 1 November nou amptelik ‘n vakansiedag
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



