Verdagte skiet glo homself net voor polisie hom in hegtenis neem

Deel hierdie storie / Share this story

PORT ALFRED – Die polisie het een verdagte in hegtenis geneem en net voor die tweede een vasgetrek was, het hy homself na bewering in die kop geskiet.

Daar word beweer dat die polisie gedurende die vroeë oggendure van Saterdagoggend inligting ontvang het oor ‘n motor, ‘n blou Ford Fiesta, wat in Msobomvu gekaap is. Dié voertuig was op pad in die rigting van Mount Ayliff. Omstreeks 07:00 vanoggend het polisielede die gesoekte voertuig waargeneem.

Toe hulle die voertuig afteek, het twee mans, een na bewering gewapen met ‘n vuurwapen, uitgeklim en in verskillende rigtings begin hardloop. Polisie het die verdagtes te voet agternagesit.

Verdagte skiet glo homself

“Die vemeende gewapende verdagte het op die polisiebeamptes geskiet terwyl hy probeer vlug het. Toe die lede die verdagte nader, het hy homself na bewering in die kop geskiet. Hy is op die toneel dood,” sê kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder.

Die tweede verdagte, 33 jaar oud, is in ‘n nabygeleë toilet gevind. Hy word aangehou op aanklag van die besit van ‘b vermoedelik gesteelde voertuig.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen met betrekking tot die oorledene. Die vuurwapen sal na die polisie se forensiese afdeling gestuur word vir verdere ontleding.

LEES OOK: 14-jarige vermis, los brief vir haar pa agter

LEES OOK: ‘Netcare 911-vrou wou nie hond langs pad aflaai nie’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.