GAUTENG. – Sosialemediagebruikers het die week nie geweet wat om te dink van foto’s van ‘n Netcare 911-werknemer wat volgens ‘n verbyganer haar “hond langs die pad wou aflaai”. Die foto’s het heelwat kommentaar uitgelok omdat die betrokke vrou op die foto ‘n hondekosbakkie in haar hand gehad het.
“Sy het ‘n water-/kosbakkie in haar hand, dalk wou sy hom/haar net laat drink en pieps. Wat is haar kant van die storie.? Mense wat diere langs die pad los, los nie bakkies kos/water nie,” was van die kommentaar op die foto.
Die betrokke vrou op die foto het intussen vorendag gekom en sê die verbyganger wat die foto geneem het, het haar eie afleidings gemaak.
Netcare 911-vrou gestop om na hond om te sien
‘n Verklaring wat deur Netcare 911 uitgereik is, lui dat die betrokke vrou die dag met haar hond rondgery het toe hy begin kerm het. Sy het toe langs die pad gestop om na haar hond om te sien.
“Dit is toe die verbyganger stop en begin inmeng. Ons werknemer het haar hond gevat en terug in die motor gesit. Foto’s van die voorval is ook sonder enige toestemming geneem,” sê dr. Ncena Ndzwayia, Netcare 911 se HR, in die verklaring.
“Die betrokke vrou beplan ook om regstappe teen die individu te neem wat die ongemak en vernedering vir haar en haar familie veroorsaak het.”
Die verklaring lui verder die werknemer het na die DBV gegaan en gevra dat hulle ‘n formele huisinspeksie by haar doen. Die brief van die inspeksie is deur Netcare 911 gesien en dit beweer dat twee honde op haar eiendom in ‘n goeie en gesonde toestand is. Die betrokke hond op die foto’s was een van die twee honde op die eiendom
LEES OOK: Vrou in uniform wou glo ‘hond langs pad los’
LEES OOK: ‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



