December 7, 2021

Vrou in uniform wou glo ‘hond langs pad los’

Vrou in uniform 'besig om hond langs pad te los'

Vrou in uniform 'besig om hond langs pad te los' Foto: Verskaf

GAUTENG. – Foto’s van ‘n vrou in ‘n Netcare 911-uniform het op sosiale media verskyn nadat sy afgeneem is toe sy glo ‘n hond langs die pad wou neergoooi en agterlaat.

Netcare 911 se kommentaar oor vrou wat glo hond langs pad wou los

“Ons is bewus van die voorval waar ‘n vrou in ‘n Netcare 911-uniform Maandagmiddag besig was om ‘n hondjie langs die pad in die Boksburg-omgewing te gooi, toe ‘n verbyganger haar betrap het. Netcare aanvaar of verdra geen vorm van dieremishandeling nie, aangesien dit in stryd is met ons waardes. Ons probeer vasstel of hierdie persoon ‘n personeellid is en sal die nodige stappe, in ooreenstemming met ons HR-protokolle, neem,” sê Netcare 911 in ‘n verklaring.

Die boodskap wat saam met die foto’s van die vrou by haar motor versprei word, beweer ‘n gemeenskapslid het die voorval aanskou en haar toe gekonfronteer. Sy het toe na bewering die hond terug in haar motor gesit en weggejaag.

LEES OOK: Boer steeds agter tralies, familie lewe in vrees

LEES OOK: ‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *