KWAZULU-NATAL. – ‘n Boer, Garth Millen Simpson (68), is steeds agter tralies na ‘n voorval laasweek op sy plaas op Glencoe daartoe gelei het dat ‘n 17-jarige doodgeskiet is. Die boer verskyn môre weer in die hof vir ‘n formele borgaansoek.
Petrus Sitho, aktivis teen plaasmoorde, sê Charl, Garth se broer, het aan hom bevestig dat sy broer steeds agter tralies is. Charl sê sedert die voorval op Uithoek, buite Glenchoe plaasgevind het, het mense skure, sy vierwielaangedrewe voertuig en sy motor op die plaas aan die brand gesteek.
Boer sedert verlede week agter tralies
Met die hofverskyning wat weer môre plaasvind, vrees die familie dat hulle weer deur verskillende partye by die hof geïntimideer gaan word. Met die boer se eerste hofverskyning het mense by die hof ingebars en die familie verbied om die perseel te verlaat.
“Die polisie moet ons asseblief môre beskerm,” sê Charl.
LEES OOK: SKERMGREPE: 17-jarige deur boer doodgeskiet
LEES OOK: Video waarin boer glo 17-jarige doodgeskiet, versprei soos veldbrand
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



