December 3, 2021

Meisietjie dood, seun en oupa in hospitaal na ‘vergiftiging’

“‘n Ondersoek is gedoen en die voorlopige bevindinge dui daarop dat die familielede slagoffers van vermeende vergiftiging was.”

Dogtertjie dood, seun en oupa in hospitaal na ‘vergifting’

Dogtertjie dood, seun en oupa in hospitaal na ‘vergifting’ Foto: Times Now

NELSPRUIT. – Die polisie in Mpumalanga het ‘n voorval waarin lede van ‘n gesin op Elukwatini die aand van 6 Oktober 2021 na bewering die slagoffers van vergiftiging was ten sterkste veroordeel.

‘n Tweejarige meisie is dood en ‘n vierjarige seuntjie sowel as hul oupa veg tans om hul lewens in ’n hospitaal. ‘n Man (30) is sedert die voorval in hegtenis geneem. Hy sal vandag op aanklag van moord en twee aanklagte van poging tot moord in die hoof- Albert Luthuli landdroshof verskyn.

Kol. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê daar word beweer ‘n 26-jarige vrou van Mooiplaas naby Elukwatini het die betrokke aand aandete vir haar gesin voorberei. Haar vriend het haar later vertel iets brand in die kombuis, maar sy het aangedui dat die stoof af is. Die vriend het toe na die kombuis gegaan.

Een dood na beweerde vergiftiging

Haar vriend het teruggekeer, maar het glo die aand geweier om te eet. Die vrou het na bewering toe ook nie aan die maaltyd deelgeneem nie omdat sy saam met haar vriend wou eet. Sy het vir haar pa (die oupa) en die twee kinders opgeskep.

“‘n Paar oomblikke later het die meisietjie, seuntjie asook die oupa begin siek voel. Met die nooddienste se aankoms is die meisietjie dood verklaar. Die seun sowel as die vrou se pa is na die hospitaal vir behandeling geneem.

“Die polisie op Elukwatini is ingelig oor die voorval en ‘n saak is daarvolgens geopen. ‘n Ondersoek is gedoen en die voorlopige bevindinge dui daarop dat die familielede slagoffers van vermeende vergiftiging was.”

LEES OOK: KYK: Noue ontkoming vir motoris toe vragmotor vrag in pad verloor

LEES OOK: ‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *